Bestanddele:

  • 4.5 kg Beesvleis
  • 1 kg Skaapstert Vet (Of Beesvet)
  • 5 ml Gemaalde Naeltjies
  • 20 g Heel Koljander
  • 65 ml Fyn Sout
  • 10 ml Vars gemaalde Peper  (CN6063055)
  • 90 g Crown Skaap derms (Week in warm water indien in sout gehou)  (CN3015024T)

 

Metode:

  1. Sit die koljander in 'n droë braaipan en skroei oor matige hitte tot lig bruin terwyl aanhoudend geroer word.
  2. Verwyder en stamp baie fyn.
  3. Sny die vleis en vet in blokkies en meng deeglik met al die bestanddele.
  4. Maal die vleis met 'n medium/growwe lem.
  5. Stop die derms met 'n Claasens Worsstopper (CL3WS210), maar wees versigtig om die wors nie te styf te stop nie.
  6. Dompel die wors vir 'n paar sekondes in 'n mengsel van 4.5 liter kokende water en 350 ml asyn en hang dit op om droog te word.
  7. Na 24 uur, druk die wors effens plat sodat enige lugblasies verwyder word (hierdie lugblasies kan muf veroorsaak).
  8. Laat die wors verder droog word.

 

Notas:

Aangesien die vleis nie gaargemaak word nie, moenie enige vark produkte gebruik nie.

Vars gemaalde Peper
CN6063055
Vars gemaalde Peper 

 

Crown Skaap derms
CN3015024T
Crown Skaap derms

 

Claasens Worsstopper
CL3WS210
Claasens Worsstopper